top of page

Hierdie een is vir die vry denkers.  Vir dié wat ook daagliks hulle drome wegstuur in lugbalonne...

Ons het Vrygelatenes geskryf na 'n aand waar ons vasgehak het saam met 'n klomp vriende om 'n vuur.
Dit was middernag na 'n fees en die bittereinders het agtergebly met 'n kitaar en hulle drome en gesprekke.

Die kring het gegroei en al in die rondte het mense gesing en gesels oor alles behalwe die alledaagse, uit 'n nuwe perspektief, met insig en optimisme en liefde en vooruitgang...Daar was gesprekke oor hoe om die wêreld mooier te maak en mekaar se lewens makliker te maak...

Ons het die son sien opkom en 'n woord gesoek vir wat ons ervaar het - VRYGELATENES, ons is die Vrygelatenes! Ons droom van so 'n wêreld - vol dromers en kantlynkinders wat revolusies begin vir die goeie

Liefde, Lourens en Esté RAAF
Vrygelatenes

Uit met die oud, in met die nuwe
Bring 'n vars vers, herskryf die argiewe
Ons is hier soos sterre op 'n donkermaan
Die verligtes sing die antwoorde die nag in

Weet jy hoe dit voel om werklik vry te wees
Die klou aan die bekende hou jou terug van wat kan wees
Jy moet laat gaan
Jy slaap in die vuur
Word wakker en stop
En maak die sirkel groter

Die vrygelatenes is oogklaploos
Vrygelatenes se hand is uit vir die volgers en die voos
Gryp 'n fakkel by die kantlynkinders
Dromers lig die vlam, revolusie beginners

Daar was kerse en mense
Geselse sonder grense
Breek die wêreld lense
Jy en al jou wense

Ons is die vrygelatenes…
Vrygelatenes

Bring dit terug
Spring weg met die 1 - 2 
Drie vier vanaand saam
Ons spoeg drome na die wolke
Stuur dit weg in lugbalonne

Skyn heilig met 'n reënboog kleur
Jy kan nie meer so leef nie, maar jy kan ook nie verander nie
Fokus op die vryhyeid wat almal so begeer
Die lewe, die liefde, jou waarheid, jou vrede

Vrygelatenes is skaamteloos
Vrygelatenes se hand is uit, ons is geraamteloos
Gryp 'n fakkel by die kantlynkinders
Dromers lig die vlam, revolusie beginner

Gooi jou geld in die vuur
Verf jou drome teen die muur
Jy wag te lank al hier
Hou op jou siel verhuur

Vrygelatenes
Ons is die vrygelatenes…
Ons is die vrygelatenes

Kom saam na waar die tyd stilstaan
Vanaand gaan die tyd stilstaan
Ons is hier waar die tyd stilstaan (revolusie beginner)

Kom saam na waar die tyd stilstaan
Vanaand gaan die tyd stilstaan
Ons is hier waar die tyd stilstaan (Hou op jou mure hoër bou en maak jou tafel langer)

Daar was kerse en mense
Geselse sonder grense
Breek die wêreld lense
Jy en al jou wense

Ons is die vrygelatenes…
Vrygelatenes
bottom of page