top of page
Ek Speel Met Vuur Vir Jou
Ek speel met vuur vir jou se fondasie en inspirasie was die Ukulele Song op die Anthelia album wat ons destyds onder Bottomless Coffee Band vrygestel het.  Ons het dit drie keer weer herwerk met daardie inspirasie en uiteindelik hierdie geskryf.  Dit gaan oor die oomblik as jy weet iets voel reg om met alles in jou na te streef en jy met vuur sal speel om dit te kry...
Ek woon in die Kaap by die wind
Ek het hiervan gedroom as 'n kind
Ek het jou op daai stoep sien staan
‘n Sigaret en die sekelmaan

Ek luister ook Kerkorrel, jy’s verras
Jy’t hier aangekom met net jou hond en ‘n tas
Jy’s vry, jy praat jou eie taal
Hoe kan jy so in my kop ronddwaal

Ek sien vriende om ons tafel
Boeke op ons rak, en my kop op jou bors
Maar my droom is soos mis,
My droom is soos wolke, dit verdwyn

Ek wil vir jou briewe skryf
en jou dag voel aan my lyf
Ek wil jou roekeloos lief kan hê
Ek wil dit hardop sê
Ek hoop ek sal myself kan wees
as my hart navigeer tussen moed en vrees
Ek wens ek kan ons lot verraai
dat tyd jou arm draai

Ek sien hoe ek val
Ek speel met vuur vir jou

Wat lees jy op my lippe
Wat sien jy op my oe
Eks versigtig wat ek sê en ek vertrou nie wat ek glo
Ek het jou op my skoot sien lê
Met soveel goed wat ek nog wil hê

Ek sien liggies in ons tuin, kerse in ons huis
En my kop op jou skouer, ons word ouer
Maar my droom is soos rook
Soos vlamme, dit verdwyn 

Ek wil vir jou briewe skryf

en jou dag voel aan my lyf
Ek wil jou roekeloos lief kan hê
Ek wil dit hardop sê
Ek hoop ek sal myself kan wees
as my hart navigeer tussen moed en vrees
Ek wens ek kan ons lot verraai
dat tyd jou arm draai

Ek sien hoe ek val
Ek speel met vuur vir jou
bottom of page