Is ons al daar
Is ons al daar gaan oor oorweldigende to-do lysies en verwagtinge in die lewe wat tot 'n groot mate daargestel is deur ons kultuur en oortuigings en omgewing. Dit skets die prentjie van hoe ons vir 'n oomblik vergeet van al daardie verwagte en alles van norm en vertrek na iewers vry en wonderlik.
Parallel tot dit is die vraag of daar regtig 'n plek en tyd gaan wees wat ons "arriveer" in die lewe en of dit werklik vervullend gaan wees. Gaan die dag wat ons al die verwagtinge bereik en alles op ons to-do lysies kon aftiek voel soos die volwaardige weergawe van die lewe?
Is ons al daar? Waar is daar? Hoe sal ons weet en maak dit werklik saak?
Ons kan eintlik net ons eie harte en drome volg en goeie mense probeer wees op die reis om elke dag te doen wat die wêreld 'n beter plek gaan maak...
Leef groot
Vanoggend word ek wakker met geraas in my kop
Daar is iets van jou wat in my gedagtes rondskop
Rooi lig, groen lig, oranje net versigtig
Ek trap die rem want ek weet ek moet lig dig
Knie-diep, half dag ons almal het verdrink in
fiks wees, laat wees, wakker wees, klaar wees
Ons koppe soos die spitsverkeer
Verstop, verwronge ek kla eerder oor die weer
Elke dan en wan as ek kan nugter dink
Sien ek ‘n ander wêreld wat my nader wink
So los net alles as jy saam wil gaan
En begin solank gesels want ons mik vir die maan
Is ons
Is ons al daar?
Is ons
Is ons al daar?
Vanoggend word ek wakker met geraas in my kop
Is daar ‘n knoppie om te druk vir hierdie choas om te stop want
Jy aan die ander kant breek van beloftes
Reën op ‘n sinkdak, bloed uit ‘n klip tap
Ons almal vlieg hoër as wat ons vlerke lank is
Kan ons drome groter wees as wat dit in die bank is
Kyk na die refleksie van die vlamme in ons oë
Staan op, raak stil op hierdie wêreld se verhoog want
Hierdie is ‘n ode aan hoe ek jou ontmoet
Hierdie is ‘n ode aan hoe ek jou moet groet
Hierdie is ‘n ode aan hoe ek jou ontmoet
Dis ‘n ode, Dis ‘n ode
Hierdie is ‘n ode aan die tyd saam met jou
Die tyd saam met jou is waaraan ek vashou
Dis ‘n ode ‘n “perfekte somertyd”
Ek sal wag tot die “lig weer skyn”
Die lewe saam met jou was op ‘n ander wentelbaan
Los net alles as jy saam wil gaan
Los net alles as jy saam wil gaan
En begin solank gesels want ons mik vir die maan