top of page

Volgens Lourens en Esté is Jonk en Verlore ‘n terugskouing na hul studentedae: “ons kon ure lank verdwaal in die strate van Stellenbosch waar ons studeer het. Ons sou baie keer vir mekaar ‘n boodskap stuur, besluit ons gaan op ‘n avontuur en doodeenvoudig alles los en die dag laat uitspeel soos wat dit moet. Ons wou daardie dae-van-ouds vasvang en onsself herinner dat ‘n mens altyd die avontuur van die lewe moet najaag - nes in die ou dae.”

Jonk en Verlore se musiek video is saam met en by The Stage Performing Arts Studio gemaak

Jonk en Verlore

Daar is gange in jou kop ek ken dit
Elke hoek en draai het ek ontdek
Die kastele in jou hart se kamer
Is soms verlig, soms toegetrek

Ek droom van lang strande, jy droom van groot stede
Ons ken mekaar se diep en duister, lag en luister, ons klein wêreld ons rusplek

Ons bou mekaar en breek mekaar
Deur al die skree, net jy
Toe ek jou oog gevang het jare terug was ons nog vry
Wat as ons net alles los ons goed op pak en ry ‘n
Avontuur gaan soek…

Jonk en Verlore
Nes in die ou dae
Nes in die ou dae
Jonk en Verlore

Daar is plekke in die wêreld waar ons was
Elke stad is deel van jou
Die wysies binne my kom uit soos branders
Kan ons lugkastele bou
bottom of page