top of page
KLANKDIG
Dis 'n storie van vasbyt deur die dag-tot-dag chaos totdat ons kan gaan wegkruip en rus in iemand se hart waar daar 'n klankdigte kamer vir ons is. Klankdig simboliseer die tyd waarin ons is; waar ons mekaar se harte moet oppas en styf moet vashou. Ons was lanklaas so afhanklik van mense en menslike interaksie. Die idee dat ons klankdigte kamers vir mekaar skep waarin ons kan skuil totdat ons weer sterk genoeg is om die dag aan te pak was vir ons so ‘n mooi prentjie...
Jy het 'n wêreld aan my binnekant oopgebreek
Langs my vol, vol hart was daar nog plek
Soos 'n skim op 'n foto van wat was
Sluip jy in my stilte
Soos 'n vol, vol stad
Gebukkend onder al hierdie geraas
Die chaos het begin
Maar jy sal hier verkore bly
Jy is klankdig in my
Jy is klankdig in my
Jy is klankdig in my
Klankdig in my
As jy alles vasplak en dit bly breek
As spyt jou binnekant opvreet
As jy weer probeer en dit gebeur net weer
Hou net aan loop deur al hierdie ontploffings rondom jou
Die oorlog het begin
Maar jy sal hier gepantser bly
Jy is klankdig in my
Jy is klankdig in my
Jy is klankdig in my
Klankdig in my
Klankdig in my
Hou jou kop hoog
Trek jou skouers terug
Een voet voor die ander
Gepantser in my
Hou jou kop hoog
Trek jou skouers terug
Sit net een voet voor die ander
Jy's gepantser in my
Jy is klankdig in my
Jy is klankdig in my
Jy is klankdig in my
Klankdig in my
bottom of page