top of page
Oos Wes Tuis Bes
RAAF_OoswestuisbesSingle Cover_RGB_3000px X 3000px.jpg

"Oos Wes Tuis Bes, waarokal jy is, is huis vir my..." Na jare in die musiekbedryf wou ons iets skryf vir ons aanhangers. Hulle word ons veilige vesting, ons huis. Ons weet ons is niks sonder die mense wie ons ondersteun nie."

Met Oos Wes Tuis Bes bring RAAF hulde aan die aanhangers wie vir hulle, te midde lang toere en baie ure op die pad, hul ware tuiste word. "Ons is nostalgies en daar is vir ons iets spesiaal aan elke provinsie wat soos 'n legkaart ons Suid-Afrika bou."

As Kaap-gebaseerde musikante bring RAAF duisende kilometers op die pad deur. Soms speel hulle tot laat ‘n show in Stellenbosch en môre vertrek hulle vroegoggend op ‘n drie weke lange toer deur die land.

"Jy weet waar al die spoedkameras sit en waar die gewilde koffiestoppe is. Jy word een met jou toerbus (ons noem ons bus die RAAFtuig). Daar is geweldig baie opoffering wat daarmee gepaard gaan om ‘n toerende musikant te wees. Jy moet elke keer jou persoonlike lewe op halt roep om die pad te kan vat. Dit is egter alles die moeite werd vir die kuns en die mense vir wie jy dit maak.”
Woensdagaand in Stellenbosch
Studente dae laat moeilik los
Donderdag oggend laat gery
Ontbyt in Beaufort-Wes gekry
Vrydagaand in Bloemfontein
Daar's ‘n lied in my hart en ‘n spook in die tuin
Saterdag Jakarandastad
Sondag terug na eerste rat

Ken enigeiemand iemand wat op Laignsburg bly
Want op ‘n Maandag ry ons eerder net reguit verby
Ons kan ‘n lekker koppie koffie duskant Richmond kry
Dinsdag word ons hart deur die Karoo bevry

Nog ‘n hotel, nog ‘n harde matras
Dis nog drie weke totdat ek my klere kan was

OOS WES TUIS BES
Waarokal jy is is huis vir my
Jy is soos huis vir my
OOS WES TUIS BES
Jy is soos huis vir my

Nog ‘n vreemde kussing, nog ‘n nuwe restaurant
Jeffrey's baai, kaalvoet op die strand
Stilte gevind in die Drakensberg
Die donderweer gekry toe ek die weerlig terg
Van Nelspruit af deur die Kruger Wildtuin
Daar's ‘n watergat waar jy vergeet van jou pyn
Dis die land van Laurika en Koos Kombuis, Makeba en Mandela
Ons het baie om te wys

In Jozi kan ek elke keer Suid-Afrika verstaan
Waar daar ‘n plekkie is vir elkeen in sy eie wentelbaan
Ons ry nog ‘n keer oor die Oranjerivier
Ek het vir jou ‘n poskaart uit Graaff-Reinet uit gestuur

Hallo is jy nog daar? Hallo?
Ek dink die sein is bietjie swak
Soveel plekke waar ons nog moet ry
Lewe groot want die tyd gaan vinnig verby

OOS WES TUIS BES
Waarokal jy is is huis vir my
Jy is soos huis vir my
OOS WES TUIS BES

Hey, Ek verlang na jou
Ek hoop jy toer nog lekker
Weet net, waarokal jy is, is huis vir my

Luister
Ons is nie bang vir die langpad nie
Partytjie by die petrol stasie
Dis al laat by ‘n kuier op Clarens
Die padkaart sê, regs na nêrens

Iemand kla oor die harde geluide,
Ons drink wyn op die oewer van die Blyde
Nog ‘n boete by Knysna gekry
As die maan uitkom sal ons nog ‘n bietjie langer bly

Dadels koop by Kakamas
By Augrabies ons gewete skoon gewas
In Natal het ons verdwaal in die suikerriet
EK WOU NOG gee al die mense dronkverdriet

Noordoewer ons is by die grens
Jou oë is myle beter as ‘n kamera se lens
In die Namib woestyn voel ek weer so klein
Wil vir almal gaan wys hoe die sterre daar skyn

Op die pad raak ek deel van die samelewing
Aand na aand uit volle bors sing
Kan jy dié klippie in jou rugsak sit
Op die grondpad het ek weer leer bid

OOS WES TUIS BES
Jy is soos huis vir my
bottom of page