top of page
Alles en Niks

Alles en niks gaan oor die afgelope paar jaar waarin ons almal deur 'n pandemie moes leef.  Die skommeling van emosies het almal op 'n stadium alles en niks laat voel en soms selfs op dieselfde tyd.  Ons het drie weergawes van hierdie een op die PREDIKER album omdat dit op soveel maniere geïnterpreteer kan word en iets anders vir elke persoon beteken...

Ons is half vol, ons is half leeg 

Gemaskerde vreugde, verwronge leed 

Veldbrand redenasies, yskoue denke 

Porselein gesigte, grafsteen harte 

Ons voel

 

Alles en niks

Ons voel

Alles en niks op dieselfde tyd 

Ons leef in die donkerte 

Ons stook ons vure in die lig 

Alles en niks 

Alles en niks op dieselfde tyd 

 

Ons oë is moeg, ons ore doof 

Bring jou graaf ons grou fondasies vir ons hoop 

Ons bou 'n plek waar ons weer buite saam kan speel 

Grensloos, seinloos waar ons alles weer kan deel 

Tot dan 

bottom of page